Ons Stelsel

Agtergrond: Die eerste veld bul toets het op 1 Julie 1998 begin toe daar 51 bulle van 17 Noord-Wes Bonsmara klublede getoets is. Hieruit het ’n kerngroep telers Proveld gestig. Tans bestaan Proveld uit 4 lede wat gesamentlik ongeveer 80 bulle onder fase D op die veld toets.

Toets prosedure: Somer kalwers – inname vind plaas middel September.

  • Aanpassings periode: begin middel September, afhangend van die reënval. Kommersiële lek word toegedien.
  • Toetsperiode: Begin Oktober tot einde Maart die volgende jaar. 
  • ’n Keuring deur 2 onafhanklike senior keurders, wat deur die Bonsmara-beestelers Genootskap aangewys word, vind vroeg in April plaas. Die keurings persentasie is tussen 55% – 65%. Die afgekeurde bulle word geslag.

Toets periode: Winter Kalwers – inname gewoonlik begin Januarie.

  • Aanpassings periode: begin Januarie tot ongeveer 31 Januarie. 
  • Toetsperiode: Begin Februarie tot einde Junie (140 dae). 
  • Keuring deur 2 senior keurders, wat aangewys word deur die Bonsmara-beestelers Genootskap, vind plaas teen middel Junie. Die keurings persentasie is tussen 55% – 65%. Alle afgekeurde diere word geslag.

Goedgekeurde bulle word op die veld aangehou en op die veld met ’n kommersiële afrondingslek voorberei vir die veiling.

Proveld veilings: Alle diere wat as stoetdiere aangebied word, word onder die beskerming van die Bonsmara-beestelers Genootskap gedoen.

Twee Proveld veilings word jaarliks aangebied. Die eerste veiling word op die tweede Woensdag in Februarie by die Vryburg Skouterrein gehou. Tweede veiling op die tweede Woensdag in Junie ook by die Vryburg Skouterrein. 

Die bulle word weereens voor die veiling gekeur deur twee onafhanklike senior keurders om ’n hoë standaard te verseker. Bulle word vir vrugbaarheid getoets, skede wasse gedoen en TB en BM vry gesertifiseer. Die stoet vroulike diere wat op die veiling aangebied word, word soos die bulle, deur 2 keurders gekeur. Die kommersiële vroulike diere van die lede en gasverkopers word vooraf deur Proveld lede op die onderskeie plase gekeur. Sodoende word ’n hoë standaard gehandhaaf.